Soene van U mond
Category: MUSIC CD
Retail Price: R89.95
Barcode : 6009617044548
Coupling Nr : CDBRT389
Brettian Productions bied met trots aan, Johan Vercueil se nuutste CD vrystelling, "Soene Van U Mond".
"Soene van U Mond" is 'n Album wat aan die alledaagse mense sal raak maar tog getrou bly aan Johan se sterk Christelike boodskap. Met twee Engelse snitte op die oorheersend Afrikaanse CD, speel die musiek met verskillende klanke, van die eklektiese kitaar tot die melodiese klanke van die ballades wat jou vasgryp en meë voer.
Gebore aan die Oos Rand, is Johan al meer as 25 jaar lank in die musiek industrie betrokke. Na sy begin in 'n "Koffiekroeg", het hy sy passie begin uitleef en betrokke geraak by 'n gemeente waar hy die lofprysing - en aanbiddings leier was. Mense wat 'n sterk invloed op sy musiek gehad het is legendes soos Michael Slattery en Don Potter, maar dit was sy broer Tobie, wat hom kitaar leer speel het en aangemoedig het om te sing. Johan is gaande oor klassieke musiek. "Ek kan heeldag na Mozart en Bach luister en het al oor die twee honderd klassieke CDs in my versameling. Ek geniet 'n bietjie jazz en definitief die rock musiek van die '70s."
Johan is nou al twee jaar betrokke by Brettian Productions en het met sy debut vrystelling, "Vyeblare vir Bloed", voor gehore landswyd opgetree. Johan glo dat deur interaksie met sy gehoor, hy 'n gevoel kry vir sy luisteraars se smaak in musiek. Johan sê: "Elke liedjie raak aan jou hart op 'n manier wat maak dat jy oor jou lewe dink. Dis musiek van die Here se hart af".
As 'n liedjie skrywer verf hy prentjies vir die lusteraars met sy lirieke. Die woorde van sy motiverend snit, "Weer probeer" beskryf hoe ons in die lewe nie moet opgee nie, maar dat ons oor en oor moet probeer totdat ons slaag. In 'n wêreld waar alles net oor ons self gaan en alles net om ons draai, bring "Soene van U Mond" 'n boodskap van genade en onbaatsugtige hoop.
Johan moedig die gebrokenes van hart en die wat geen hoop meer het nie aan, om hom te kontak, ongeag van hulle agtergrond en geskiedenis. Johan sê: "Ek wil hê dat almal die goeie boodskap van Jesus Christus moet hoor. Ek wil mense bereik!"
Ander snitte op die album sluit in, "Jy roep uit help my, Soene van U mond, Kom Koning Kom" en vele ander. Die snit "Mooi soos blomme" beloof om 'n treffer te wees en verskyn ook op die CD kompilasie, "'n Huldeblyk Aan Jou...Vrou", 'n CD wat vrou wees vier. Die CD word versprei deur Brettian Productions en word die 1ste Mei 2008 vrygstel.
"Soene van U mond" sal beslis jou hartsnare roer. Vir besprekings kontak Johan - 082 8774586 of john424@lantic.net
Vir Meer IInligting Kontak: BRETTIAN PRODUCTIONS - Tel: 011 622 3356 - Fax: 011 616 5874 - Email: info@brettian.com
|