My Eerste bybel Vol.3

My Eerste bybel Vol.3

Category: FOR THE KID

By: My Eerste Bybel

Genre: Children's DVDs

Retail Price: R109.95

Barcode : 6009695389548

Coupling Nr : DVD10207713



 

Episode Nege: David en Goliat


Sien hoe die skaap-herder David, met net klippies, 'n kettie en geloof die reus Goliat uitoorlê in die geveg tussend ie fillistyne en die Israeliete.


Episode Tien: Jesus se wonderwerke


Ervaar weer die wonder van geloof saam met Jesus se dissipels en kyk hoe magtig en wonderbaarlik Sy wonderwerke was.  Jesus maak die storm stil, gee kos aan die duisende mense met net 'n paar broodjies en vis, mak siek mense gesond en die grootste wonder nog - staan op uit die dood en styg op na die Hemel!


Episode Elf: Daniël en die leeukuil


Daniël se gawe om drome uit te lë ens y geloof in God red hom van honger leeus met luide gebrul en groot tande! Wanneer Daniël van slaaf na die Koning se gunsteling raadgewer verkies word as gevolg van sy buitengewone gawe, is dar meer as net drome om uit te lê - nare raadgewers met nare idees!


Episode Twalf: Jona en die walvis


Rowwe waters, verskrikte seilvaarders en 'n land wat nie God se wette wil nakom nie.  Jona raak bang toe God hom aanspreek om die mense van sy land weer op God se paadjie te elei en besluit om weg te kruip vir God in 'n boot.  Maar die see raak toe rof en die band seilvaarders gooi Jona oorboort waar 'n walvis hom heel insluk! Die vriendelike walvis met sy groot maag gee Jona die spasie en tyd om na te dink oor God in te besef dat God net liefde en vergifnes wil gee - selfs al dink jy jy kan vir Hom wegkruip!


Episode Elf: Noag se ark


Noag en sy familie maak reg vir 'n baie groot storm.  God het vir Noag gevra om 'n ark te bou en pare van elke dier in die ark te huisves.  Daar sou 'n baie groot vloed oor die aarde kom.  Hierdie is die storie van hordes diere, groot storm wolke, 'n hegte familie en baie, baie reën.


Other titles by this artist

- My Eerste Bybel Vol.1  
- My Eerste bybel Vol.2