Christian Music CD Genres
» Adult Contemporary» Afrikaans
» Afrikaans Contemporary
» Alternative Rock/Punk
» Animation
» CCM
» Children's CDs
» Christmas
» Country
» Dance
» Dance/Pop
» Family Friendly
» Gospel
» Hard Rock
» Heavy Metal
» House
» Hymns
» Inspirational
» Instrumental
» Kiddies
» Lounge/Ambient
» Metal
» Movie
» Music
» Praise & Worship
» Punk
» R & B
» Regae
» Rock
» Southern Gospel
» Traditional African
» Traditional Gospel
As die Reën ValCategory: Christian Music CDBy: MarlouiseGenres: Afrikaans, Adult ContemporaryRetail Price: R104.95Barcode : 6009617045422Coupling Nr : CDLME010Marlouise, 'n nuwe opkomende stêr in Suid Afrika is met 'n natuurlike sangtalent gebore. Op die jonge ouderdom van tweejaar het sy begin sing deur liedjies op te maak met woorde wat glad nie bestaan nie. Reeds as vierjarige het sy haar eerste liedjie opgeneem.
Laminin Entertainment het verlede jaar kennis geneem van hierdie uiters talentvolle jong sangeres en loods vanjaar in Maartmaand haar debuutalbum, As Die Reën Val. Die befaamde regisseur, Dennis East het hierdie tweetalige pop-album saamgestel en die produksie daarvan behartig.
Marlouise se eie Arikaanse komposisies asook wêreldbekende liedjies soos die alombekende Abba-liedjie Fernando, maak deel uit van hierdie besonderse album. Met oorspronklike liedjies soos Woorde, Ek Soek Alles en die titelsnit, As Die Reën Val maak marlouise as beide 'n sangeres en liedjieskrywer haar buiging in die industrie.
Marlouise sal eers in Mei 21 wees, maar sy het reeds tydens 'n Namibiese toer saam met Chris Coetzer in 2003 met Helmut Lotti vriende gemaak, deel uitgemaak van 'n maandlange Sweedsetoer in 2005 en in die Clarens Klassiekekonsert saam met groot name soos Jannie Moolman opgetree.
Daarbenewens is sy ook reeds jare by die ATKV betrokke en is in 2004 as die algehele wenner van die Centurion ATKV-talentkompetisie aangewys. In dieselfde jaar was sy een van die Top 12 finaliste in die Nasionale ATKV Cresendo-kompetisie.
Met haar repertoire wat 'n wye verskeidenheid musiekstyle soos klassiek, keltiese volksmusiek, retro, pop, rock, geestelike en progressiewe dansmusiek insluit, reik Marlouise se engelagtige stem oor drie oktawe tot by Top A.
Met haar vertolkings in Afrikaans, Engels, Italiaans, Spaans en Sweeds, het sy al saam met welbekende kunstenaars soos Die Drie Tenore, Chris Coetzer, Jannie Du Toit, Christa Steyn, Juanita Claassen, Manuel Escorsio, Min Shaw, Sonja Herholdt, Mathys Roets, Eden, Shine 4, Jannie Moolnman, Tiro en vele ander opgetree.
Neem gerus kennis van hierdie nuwe talent wat die industrie vanjaar betree, sy is hier om te bly.
Marlouise se debuut-CD, As Die Reën Val, word deur Brettian Productions versprei. Anointed M Entertainment Enterprises (Edms) Bpk bestuur haar loopbaan en sy kan vir optredes en onderhoude bespreek word by Ina Kotze 082 416 7073 / inakotze@anointedm.com |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Title Information:
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||



















