Straatligkinders wen 2 MK Toekennings

Gisteraand (12 Maart) was die weer tyd vir die jaarlikse MK Awards seremonie by die MNET Studios in Randburg. Hierdie jaar was nog groter as enige van die vorige jare en dit bewys deur die meer as 320 000 stemme wat ingestuur is vir die 12 verskillende kategoriee.

 

Straatligkinders is in 3 van hierdie kategoriee benoem.

 

KAMPUS HIT

Straatligkinders

Jax Panik

Seether

aKING

All Will Fall

 

BESTE VIDEO

Straatligkinders

aKING

EF-AL

Dirty Skirts

City Bowl Mizers

 

BESTE GROEP

Straatligkinders

Parlotones

Heuwels Fantasies

aKING

Zebra & Giraffe

 

Vanuit hierdie 3 kategoriee het Straatligkinders 2 toekennings gevat, onderskeidelik die Beste Kampus Hit van PUK FM vir Avontuur Van 'n Hartbreek en Beste Groep van 2009.

Soos in die kategoriee gesien kan word, was die kompetisie baie groot en was Straatligkinders geskok met die nuus met die nuus van 2 toekennings. "Eendag as ons 80 is gaan ons terugdink en se, ons was die groep van 2009, soos deur die kykers gevote." het Bouwer Bosch, sanger, gesê.

Straatligkinders is besig om te beplan aan 'n volgende musiek video. Sien hul ook vanjaar se MK Kaktus Sessies op 8 April in Oudtshoorn of maak seker jy maak 'n draai by www.straatligkinders.co.za