TOP TEN IMAGE

Sign In

Email 
Password 
 
Sign up  |  Forgot password?

Marlouise

Marlouise, 'n nuwe opkomende ster in Suid Afrika is met 'n natuurlike sangtalent gebore. Op die jonge ouderdom van tweejaar het sy begin sing deur liedjies op te maak met woorde wat glad nie bestaan nie. Reeds as vierjarige het sy haar eerste liedjie opgeneem...

Sy is as 'n baba aangeneem, maar haar aangenome Ma het geen moeite ontsien om Marlouise elke moontlike geleentheid te bied om reeds van jongs haar Godgegewe talent met sang, buikspraak en drama te ontwikkel nie. Haar eerste formele musiekopleiding het sy in 1999 by Bets Botha (Opera 2000) ondergaan, waarna sy by Chris Coetzer Klassieke Musiekskool ingeskryf het en deur een van Suid-Afrika se eie top tenore, Chris Coetzer, self verder onderrig is. In 2003 is sy met die Picasso Toekenning vir die mees kreatiewe dramastudent vereer. Met Marlouise se onlangs graduering as skoonheidsterapeut by 'The Make-up Issue' is sy 'n ware getuienis van veelsydigheid, kreatiwiteit en hope talent.

Laminin Entertainment het verlede jaar kennis geneem van hierdie uiters talentvolle jong sangeres en loods vanjaar in Maartmaand haar debuutalbum, As Die Reën Val. Die befaamde regisseur, Dennis East het hierdie tweetalige pop-album saamgestel en die produksie daarvan behartig. Marlouise se eie Arikaanse komposisies asook wêreldbekende liedjies soos die alombekende Abba-liedjie Fernando, maak deel uit van hierdie besonderse album. Met oorspronklike liedjies soos Woorde, Ek Soek Alles en die titelsnit, As Die Reën Val maak marlouise as beide 'n sangeres en liedjieskrywer haar buiging in die industrie.

Marlouise het reeds tydens 'n Namibiese toer saam met Chris Coetzer in 2003 met Helmut Lotti vriende gemaak, deel uitgemaak van 'n maandlange Sweedsetoer in 2005 en in die Clarens Klassiekekonsert saam met groot name soos Jannie Moolman opgetree. Daarbenewens is sy ook reeds jare by die ATKV betrokke en is in 2004 as die algehele wenner van die Centurion ATKV-talentkompetisie aangewys. In dieselfde jaar was sy een van die Top 12 finaliste in die Nasionale ATKV Cresendo-kompetisie.

Met haar repertoire wat 'n wye verskeidenheid musiekstyle soos klassiek, keltiese volksmusiek, retro, pop, rock, geestelike en progressiewe dansmusiek insluit, reik Marlouise se engelagtige stem oor drie oktawe tot by Top A. Met haar vertolkings in Afrikaans, Engels, Italiaans, Spaans en Sweeds, het sy al saam met welbekende kunstenaars soos Die Drie Tenore, Chris Coetzer, Jannie Du Toit, Christa Steyn, Juanita Claassen, Manuel Escorsio, Min Shaw, Sonja Herholdt, Mathys Roets, Eden, Shine 4, Jannie Moolnman, Tiro en vele ander opgetree.

Neem gerus kennis van hierdie nuwe talent wat die industrie vanjaar betree, sy is hier om te bly.

Marlouise se debuut-CD, As Die Reën Val, word deur Brettian Productions versprei.

 


Titles

« Prev
| 0 - 0 of 0 |
Next »
« Prev
| 0 - 0 of 0 |
Next »