Categories
» MUSIC CDs» MUSIC DVDs
» MOVIES THAT INSPIRE
» FOR THE KIDS
» AUDIO BOOKS
» COMBO'S
» YOUTHY STUFF
Leandie Lombaard
LEANDIE LOMBAARD
BIOGRAFIE :
Daar is 'n nuwe, baie blink ster in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie. Ontmoet Leandie Lombaard - 'n pragtige jong dame wat in Julie 1993 in Roodepoort gebore is. Sy het nou haar tweede CD, Wees net ... vrygestel.
Agtergrond
Op 12 j ouderdom het sy 'n CD, As jy aan eendag glo, uitgebring, maar as gevolg van onkundige raad het dit nie die hoogtes bereik wat sy reeds op daardie jong ouderdom verdien het nie.
Leandie het egter die daaropvolgende drie jaar gebruik om haar talent te slyp, die industrie te leer ken en die resultaat is duidelik in Wees net ... te bespeur. Die titel van haar eerste CD was inderdaad uiters toepaslik: Sy HET in eendag geglo, en noudat die dag aangebreek het, het sy bewys dat haar talent nie van verbygaande aard was nie.
Die borrelende 17 jarige se liefde vir musiek kom reeds van 'n jong ouderdom toe sy gereeld met 'n borsel as kamma-mikrofoon gesing het. Haar Ouma het gesorg dat haar talentvolle kleinkind soveel as moontlik liedjies leer en toe sy as pikkie saam met haar Oupa Stille Nag in die kerk gesing het, was daar nie 'n droë oog in die banke nie ...
Die ster wat toe reeds begin skyn het, het net al sterker begin flonker.
Met elke geleentheid het Leandie gesorg dat sy haar passie uitleef. Nie skrikkerig vir kompetisie nie, het sy aan elke kunswedstryd of Eistedfodd deelgeneem en telkelmale top punte behaal. Haar prestasies was van so 'n aard dat sy by 'n uitsoek-talentkompetisie gevra is om as gaskunstenaar op te tree.
By die skool het sy in die koor gesing en aan Revues deelgeneem.
Aan die tuisfront
Leandie verstaan dat die pad na sukses met harde werk geplavei is. Sy doen al meer en meer openbare optredes waar al hoe meer mense begin notisie neem van die nuwe sangsensasie. Dan is daar haar gereelde optredes by die ATKV oorde haar skool program vir skole wat 'n reuse sukses is en optredes by verskillende feeste wat insluit KKNK , Aardklop , Volsbladkunstefees en vele ander
Te oordeel aan die welluidende toejuiging wat sy reeds gekry het by voorskoue wat sy reeds al gedoen het vir Bobby van Jaarsveld , Eden en Die Campbells, Ray Dylan en Freda Francis is dit 'n uitgemaakte saak dat sy die nuwe liefling van die industrie gaan word.
Leandie tree ook graag op tydens Gospel optredes en Kers program funksies en bied 'n wye verskeidenheid Geestelike liedere aan haar gehoor.
Leandie het oor die 40 suksesvolle optredes gehad vir 2009.
Internasionaal
Haar internasionale debuut het gekom toe sy deur middel van Roy van der Merwe ( die President van Eurovission res van die wereld ) die geleentheid gekry het om Eurovision (OGAE) te verteenwoordig. Hierdie groot geleentheid het daartoe gelei dat haar CD Wees net ...na Serwië is om haar CD daar te bemark asook na ande 50 Europese lande.
•Ana Ivanović (die Serwiese Internasionale tennisster) het een van Leandie se CD's gekoop nadat sy haar gehoor sing het.
Daarbenewens is Leandie een van 18 kunstenaars wat op 'n 2008 Eurovision kompilasie CD ingesluit is met haar lied Wees net ...
Leandie se CD Wees net ... word reeds in Spanje, Portugal, Malta en Swede bemark waar hulle gek is oor die beeldskone superster. Leandie was genomineer vir Eurovision se Euro Star 2008 en het 3de gekom uit 20 deelnemers in die kategorie Beste vroulike Afrikaanse kunstenaar vir haar lied MIXIT
Leandie is genomineer vir 3 kategorie vir die Eurovision Star toekennings vir 2009 vir haar liedjies Wees net , Karjoedel en Mix it wat in Februarie 2010 sal plaas vind.
Kreatiewe proses
Leandie is verantwoordelik vir die Afrikaanse lirieke op 11 van die 15 snitte op haar uitstekende nuwe CD Wees net ..
"Ek skryf oor dinge wat ek self ervaar het en alle jongmense raak. Alledaagse dinge soos eerste liefdes, groepsruk, aanvaarding ensovoorts." Haar lirieke toon 'n rare insig vir haar ouderdom.
"Ek gee ook erkenning aan my geloof. Vir my is dit belangrik om plek te maak om dankie te sê."
Iets oor haar "gewone" lewe
Dit is nie net met musiek wat Leandie uitblink nie. Sy is 'n skrander leerling wat op laerskool deurentyd in die top 10 posisie gewoeker het en hoofmeisie was van Horison Laerskool.
Tans is sy in Graad 11 aan die Roodepoort Hoërskool. Sy is reeds in Graad 8 verkies tot die Junior VSR (Verenigde Senior Raad) en is haar akademiese prestasie steeds in die Top 20. Daarbenewens skryf sy vir die skoolkoerant "Prontuit" wat twee maal per jaar verskyn en neem sy deel aan hokkie, revue, koor, redenaarskompetisies en kunswedstryde. Asof dit nie al genoeg hooi op haar vurk is nie, is sy aangewys as die 2e prinses in die Mej Roodie kompetisie!
"Ek is in die gelukkige posisie om baie ondersteuning van die personeel en leerlinge van Hoërskool Roodepoort te kry," vertel sy entoesiasties. "Ek het wonderlike vriende." Saam met hulle kan sy net Leandie wees.
Haar vakkeuses vir is Musiek, Drama, Rekeningkunde en Wiskunde wees. "Dit gee my 'n wye spektrum van keuses. Natuurlik is musiek en drama gepas vir my beroepskeuse, terwyl die wiskunde en rekeningkunde my goeie insig in die besigheidsaspek sal gee. Ek wil nie net weet wat om op die verhoog te doen nie ..." verduidelik sy.
Wanneer sy die rare geleentheid kry om te ontspan, is slaap maklik eerste op haar lysie! Sy lees ook graag - verkieslik met 'n lekker sjokolade byderhand!
Vir meer energieke ontspanning is daar swem en perdry.
Haar keuses in ontspanning is 'n akkurate refleksie van hierdie briljante sangeres se persoonlikheid. Soms stiller en ander kere uitbundig en vol pret.
Wat maak haar sterk?
Haar ouers, Johan en Sonja, asook haar jonger broer Zander, is 'n konstante bron van ondersteuning en inspirasie. Leandie het ook 'n Besprekings en Bemarkings Agent wat in haar glo, en dit maak alles die moeite werd. Elkeen is op 'n unieke wyse betrokke by verskeie aspekte van haar optredes. Agter die verhoog en in haar daaglikse lewe is hulle onmisbaar - maar wanneer Leandie op die verhoog stap is sy net op haarself - en God - aangewese.
"My geloof is baie belangrik vir my.
Toekomsdrome
Leandie droom groot."Ek wil die mees suksesvolle superster in Suid-Afrika wees."
Sonder enige pretensie is sy eerlik oor haar doelwitte.
"Ek glo in positiewe rolmodelle. Daar is wonderlike mense wat met integriteit en harde werk die hoogste sport bereik het. Plaaslik is daar Juanita du Plessis met wie ek bitter graag 'n verhoog wil deel. Ek bewonder die feit dat sy 'n gesinsmens is, haar geloof is sterk en sy werk baie hard om te wees waar sy is. Internasionaal het ek groot waardering vir Hilary Duff en Miley Cyrus wat op 'n jong ouderdom reeds soveel bereik het. Dit kán gedoen word."
Trivia
*Leandie is in 2008 gekies om aan High School Musical deel te neem, maar moes teleurgesteld uitvind dat sy 'n paar maande te jonk was - tot groot teleurstelling van die vervaardigers span en Leandie.
*Leandie is gekies om 'n rol te vertolk in 'n Afrikaanse Film wat handel oor die gebeure van die 1970 Henley-on-Klip Busramp wat in 2010 sal wys
*Sy het reeds haar eie bus wat haar en haar klanktoerusting na vertonings vervoer.
*Leandie het die voorreg gehad om voor 7 000 + mense op te tree tydens die Cansa
Relay for Life in Polokwane in Sept 2009. Dit was verseker 'n onvergeetlike ervaring en hoogtepunt gewees tot sy om 24h00 'n lied moes sing terwyl familie en vriende kerse aansteek en om die baan stap vir geliefdes wat hulle lewens verloor het weens kanker.
Leandie sluit aan by Brettian Production en sy gaan begin opneem aan 'n nuwe CD einde Febr 2010.
Vir bespreekings kontak: Carin 082 855 6096
Titles
|
« Prev |
| | 1 - 1 of 1 | | |
Next » |
Leandie LombaardGenre:Barcode : 6009617046986 Coupling Nr : CDLME038 |
|
« Prev |
| | 1 - 1 of 1 | | |
Next » |






















